Joernaal-aantekeninge
is maar net die daaglikse skrywe van jou gedagtes en idees op papier.
Dit kan ‘n grootse ondervinding wees. Hierdie proses kan jou ondersteun
in die soektog na byvoorbeeld waaroor jy angstig voel, of waarvoor jy ‘n
passie het en waaroor jy droom
Koop
vir jouself ‘n pragtige notaboek en gebruik ‘n pen waarvan jy hou om
mee te skryf. Ek gebruik ‘n ”Moleskine” notaboek (wat by enige goeie
boekwinkel beskikbaar is in verskeie formate). Vind 20 stil minute of so
in jou dag en ek stel voor jy maak dit ‘n roetine – ek doen myne net
voor bedtyd of vroeg in die oggend – maar enige tyd wat jou sal pas is
gaaf.
‘n Paar van my gunsteling vulpenne :
Parker Sonnet Deep Black Laquer Gold Trim Medium Nib
.
Parker Sonnet Stainless Steel GoldTrim Medium Point
.
Waterman Himisphere Starlight
.
Antiek Waterman-pen met grys en goud Laquer body, dik nib
.
Skryf
asof jy met jouself praat – skryf oor al jou gevoelens, wat jou pla of
waaroor jy opgewonde voel, die dag wat voorlê of belangrike gebeure van
die verlede en wat jy graag wil onthou. Ek sit alles in soos datums,
plekke, die tyd, ens. Dit hoef nie meesterstukke te wees nie – hierdie
is JOU joernaal en vir jou oë alleenlik. Ek plak ook sommer goeters of
teken prentjies.
Ondersoek
het duidelik bewys dat, om ‘n Joernaal te gebruik, stres verminder en
die immuunstelsel versterk, sowel as die volgende voordele:
– dit laat jou beter voel oor die lewe
– dit maak jou meer optimisties oor die toekoms
– dit spoor jou aan om andere te help met hulle probleme
– dit verbeter jou gesondheid
– dit gee rigting en helderheid
Daar
is baie dinge waaroor jy ‘n joernaal kan hou – my gunsteling is my
DANKBAARHEIDS-JOERNAAL. Elke oggend, sodra ek gebad, aangetrek en tande
geborsel het, skryf ek my ‘gratitudes’ neer. Aan die begin gaan dit maar
stadig, maar net deur met een klein dingetjie, soos “ek is dankbaar vir
die sonskyn” te begin, begin jou lys van dankbaarhede te groei en
binnekort het jy sommer 10 op een slag.
In
dieselfde boekie, aan die agterkant, doen ek my AFFIRMASIES vir die
dag, soos byvoorbeeld “Ek is gesond en gelukkig. Daar is geen siekte wat
ek nie kan oorwin nie” of “Ek spreek van vreugde vir die lewe! Ek laat
myself toe om elke oomblik van elke dag totaal te geniet!” My gunsteling een is “Dankie vir die dag wat voorlê…”
My Daaglikse Joernaal vir alles en nog wat – hierin doen ek ook sketse saam met my inskrywings….
.
Hier is ‘n paar idees vir ‘n Joernaal – ek is seker jy kan nog met vele meer vorendag kom :
– Tuin-joernaal
– ‘n Natuur-joernaal
– Gebeds-joernaal
– Belangrike gebeurtenisse- en datums-joernaal
– Droom-joernaal (al die dinge wat jy nog die graagste wil vermag)
– Dinge-om-te-doen-joernaal
– Welbekende aanhalings- en inspirasie-joernaal
– ‘n Joernaal met jou eie gesegdes, inspirasies en sketse (wie weet, eendag kan jy dit dalk verwerk in ‘n eBoek!)
– ‘n Joernaal oor jou kinders – kort liefdesbriefies aan hulle
– Joernaal oor jou alledaagse gedagtes – dinge wat jou pla, oorwinnings
Ek het ‘n paar joernale op my rekenaar ook, maar daar is niks soos om met die hand te skryf nie!
‘n Paar van my Moleskine notaboekies :
.
Daar
is so baie dinge in hierdie lewe om voor dankbaar te wees dat ‘n mens
honderde joernale kan volmaak en nog steeds nie alles genoem het nie.
Leef met ‘n dankbare hart –
leef met ʼn fokus op wat jy het eerder as dit wat jy nie het nie. Dan waardeer ʼn mens klein dingetjies in die lewe. Dan is jy ʼn tevrede mens wat oorloop van dankbaarheid. Daardie dankbaarheid in jou hart spoel oor na ander mense en verryk alles en almal om jou.
leef met ʼn fokus op wat jy het eerder as dit wat jy nie het nie. Dan waardeer ʼn mens klein dingetjies in die lewe. Dan is jy ʼn tevrede mens wat oorloop van dankbaarheid. Daardie dankbaarheid in jou hart spoel oor na ander mense en verryk alles en almal om jou.