:: werk saam met die natuur en geniet 'n inspirerende en kreatiewe leefstyl ::


Donderdag 12 Junie 2014

My eie stukkie paradys


Dit verbaas my altyd hoe gelukkig my tuin my maak. Hoe belangrik dit vir my is...

Ek is gegrond hier, in my eie stukkie paradys.

 Jy sou lag as jy dit moet sien, dis gladnie 'n perfekte paradys nie! Inteendeel, heeltemal die teenoorgestelde. Dis 'n gebrekkige weergawe wat tyd en geduld nodig het om die skoonheid te sien. 'n Effense wilde, ongetemde weergawe wat my aan die wonder hou. 

Moeder Natuur verspil geen tyd om terug te neem wat hare is wanneer jou rug gedraai is nie. 

Vol geheime en kleinode, modder en bloeisel, dorings en varings. Vol lewe. Selfs in winter.

Maar noudat ek daaraan dink, dalk IS dit tog heeltemal perfek... 



::

2 opmerkings:

  1. 'n Mens se tuin moet net mooi wees vir jouself....dan is die PRAGTIG!! Geniet jou tuin en jou tuinroetes!

    AntwoordVee uit

Ons lief dit om van jou te hoor, gesels gerus met ons!

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...