Die eerste perskebloeisels van hierdie lente. - 22 Aug. 2015.
"Die wêreld is ‘n ontdekkingsreis en die wêreld agter
‘n kameralens is ‘n psalm, ‘n loflied." My psalms en lofliedere het gelukkig nog nie opgedroog nie, dit sal hopelik
nooit. Elke seisoen het mos sy eie mooi. Lente is verruklik. Verruklik is baie
mooier as "awesome"! Regtig. Ek weet. Elke nuwe dag het sy eie, warm
en besondere kleure. “ Ek loop verkyk my daaraan!” sal die Kapenaars sê. En dit gebeur dikwels dat die kleur van elke dag 'n trooskombers is.
Ons kan onsself daarin toevou. Dankie
tog dat ons kan sien, kan ruik, kan proe, sommer net kan wees. Dankie dat ons
te midde van probleme en swaarkry nog kamera-in-die-hand kan rondloop en elke
pasella wat direk uit die hemel kom, kan vaslê, kan deel. Foto’s vertel mos stories. Foto’s laat mens
onthou. Foto’s laat mens dink. Foto’s neem bly ‘n heerlike avontuur! Geniet
dit, geniet jou dag!
Voorwaar 'n seëning om lente te kan aanskou Liz, of dit nou met die oog of die kamera is, dis 'n heerlike geniet!
AntwoordVee uitDankiebly!! x
Vee uit