Rooikopvink
Pienkdun is sy voëltjiebene
fyn porselein onder omkrultone
en blommetjies,
blommetjies die hele wêreld vol
pik-pik hy versigtig aan die saad
om krag te kry,
genoeg krag vir vandag
want hy wil sy vlerke sprei
en vlieg
Elizabeth Kendall ©
.
Pragtige woorde Liz, pas so mooi by die Rookopvinkie! Inderdaad vrolik!
AntwoordVee uitBaie dankie Maree! Het dit 'n rukkie terug geskryf, eintlik ook maar verwys na Chris se tenger lyf nà die siekte. En nou kan hy al vlieg!
AntwoordVee uit