Kleur maak 'n verskil. Nà 'n asvaal winter word kleur weer van vooraf waardeer. Warm-oranje aalwynblommetjies wat suikerbekkies lok. Donkerpienk, maroon petunias in die pot by die voorste hekkie, 'n welkomgroet aan elke besoeker.
Sagte pienk perskebloeisels wat 'n splinternuwe seisoen aankondig. Om te kan kyk en om te kan sien, dit is 'n seën!
Ons is dankbaar vir kleur in die winter Liz en gelukkig is somer nou vinnig op pad! Jou tuin lyk lieflik!
AntwoordVee uitBaie dankie Maree! 'n Kleurvolle dag vir jou!
Vee uit'n Mooi dag vir jou ook Liz!
Vee uit